Koala | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Infraklas: | Marsupialia |
Orde: | Diprotodontia |
Familie: | Phascolarctidae |
Genus: | Phascolarctos |
Spesie: | P. cinereus
|
Binomiale naam | |
Phascolarctos cinereus (Goldfuss, 1817)
| |
Koala verspreiding (rooi – inheems, pers – bekendgestel) | |
Sinonieme[2][3] | |
Die Koala of Koalabeer (Phascolarctos cinereus), is 'n boombewonende, plantetende buideldier inheems aan Australië. Dit is die enigste bestaande verteenwoordiger van die familie Phascolarctidae en sy naaste lewende verwant is die wombats, wat lede van die familie Vombatidae is. Die koala word aangetref aan die kusgebiede van Queensland, Nieu-Suid-Wallis, Victoria en op Kangaro-eiland in Suid-Australië. Hulle is maklik herkenbaar aan hul stewige, stertlose lyf en groot kop met ronde, donserige ore en groot, lepelvormige neuse. Die koala het 'n liggaamslengte van 60–85 cm en weeg 4–15 kg. Die pelskleur wissel van silwergrys tot sjokoladebruin. Koalas van die noordelike bevolkings is tipies kleiner en ligter van kleur as hul eweknieë verder suid. Hierdie populasies is moontlik aparte subspesies, maar dit word betwis. Die dieet van 'n koala bestaan meestal uit bloekomblare. Weens sy teddiebeeragtige voorkoms word hy dikwels verkeerdelik as 'n beer beskou.
Die woord "Koala" kom van Dharuk, 'n uitgestorwe inheemse Aboriginetaal wat in die omgewing van Sydney gepraat is. Dit sou iets beteken soos "drink nie", met verwysing na die feit dat die koala selde drink. Die koala, soos baie ander inheemse Australiese diere, speel 'n belangrike rol in die inheemse mite oor die oorsprong van die wêreld.[4][5][6][7][7][8]
Dixon et al. (1990) believe there to be some 400 loans in Mainstream Australian English [...] Some Aboriginal expressions have entered the stock of world English vocabulary; witness kangaroo, didgeridoo, koala, [...] Sometimes popular usage deviated markedly from scientific taxonomies, as in the case of the koala which became known as koala bear. [...] Both mallee and mallee scrub, koala and koala bear are common today.