Kolibrie

Kolibrie
Tydperk: 30–0 m. jaar gelede
Rupelium-tans
Vier kolibries van Trinidad en Tobago.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Vigors, 1825
Subfamilies

Phaethornithinae
Trochilinae

Kolibries (Engels: hummingbirds) is voëls van die Amerikas van die familie Trochilidae. Hulle is van die kleinste voëls, met sommige spesies wat net sowat 7,5-13 cm lank is. Die heel kleinste voël bekend is juis ’n kolibrie, die bykolibrie wat sowat 5 cm lank is en minder as 2 g weeg.

Die Engelse naam kom van die gonsgeluid wat hul vlerke skep terwyl hulle teen hoë frekwensies geklap word. Kolibries hang in die lug en klap hul vlerke van 12 keer per sekonde by die groter spesies tot 80 keer in van die kleinste spesies. Van dié wat in windtonnels getoets is, het ’n spoed van meer as 15 m/s (54 km/h) gehaal en sommige spesies kan teen meer as 22 m/s (79 km/h) duik.[1][2]

Kolibries het die hoogste metabolisme van alle homotermiese diere (wat ’n konstante liggaamstemperatuur handhaaf ondanks wisselende omgewingstemperatuur).[3] Om energie te bespaar as kos skaars is en snags wanneer hulle nie kos soek nie, kan hulle in ’n toestand soortgelyk aan hibernasie gaan – dit laat hul metobolisme afneem tot ’n 15de van die normale toestand.[4]

  1. Clark, C. J.; Dudley, R. (2009). "Flight costs of long, sexually selected tails in hummingbirds". Proceedings of the Royal Society B: Biological Sciences. 276 (1664): 2109–2115. doi:10.1098/rspb.2009.0090. PMC 2677254. PMID 19324747.
  2. Ridgely RS, Greenfield PG (2001). The Birds of Ecuador, Field Guide (1 uitg.). Cornell University Press. ISBN 0-8014-8721-8.
  3. Suarez, R. K. (1992). "Hummingbird flight: Sustaining the highest mass-specific metabolic rates among vertebrates". Experientia. 48 (6): 565–70. doi:10.1007/bf01920240. PMID 1612136.
  4. "Hummingbirds" (in Engels). Nationalzoo.si.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2017. Besoek op 1 April 2013.

Kolibrie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne