Kolonoskopie | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
![]() | ||
’n Kolonoskopie word uitgevoer. | ||
ICD-9 | 45.23 | |
MedlinePlus | 003886 | |
MeSH | D003113 | |
![]() |
’n Kolonoskopie of koloskopie[1] is ’n endoskopiese ondersoek van die dikderm (kolon) en onderste deel van die dunderm (die kronkelderm of ileum) met ’n CCD-kamera of ’n optieseveselkamera vooraan ’n buigbare buis wat by die anus ingedruk word. Daarmee kan ’n visuele diagnose (soos ’n maagsweer of poliepe) gedoen word en terselfdertyd kan groeisels wat moontlik tot kolorektale kanker kan lei, verwyder word.
In ’n kolonoskopie kan poliepe van net ’n millimeter of selfs kleiner verwyder word. Nadat die groeisels verwyder is, kan hulle met behulp van ’n mikroskoop ondersoek word om vas te stel of hulle kankeragtig is of nie. Dit duur sowat 10 tot 15 jaar voordat ’n poliep kankeragtig raak.
’n Kolonoskopie is baie dieselfde as ’n sigmoïdoskopie – dit hang af van watter deel van die kolon ondersoek word. Met ’n kolonoskopie kan die hele kolon (1 200 tot 1 500 mm lank) ondersoek word en met ’n sigmoïdoskopie net die distale (onderste) deel (sowat 600 mm). Laasgenoemde is dikwels voldoende, want die voordele vir kankeroorlewing van ’n kolonoskopie word beperk tot die opsporing van poliepe in dié deel van die kolon.[2][3][4]
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beveel aan dat enigiemand van die ouderdom van 50 af elke 10 jaar ’n kolontoets soos ’n kolonoskopie ondergaan.[5] Ander metodes om kolonprobleme op te spoor sluit in:
’n Sigmoïdoskopie word dikwels saam met ’n fekale okkultbloedtoets (toetsing van die stoelgang vir bloed) gedoen om te sien of ’n volle kolonoskopie nodig is. Sowat 5% van pasiënte word daarna verwys vir ’n kolonoskopie.[6]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) as PDF Geargiveer 24 Maart 2012 op Wayback Machine