Konversieterapie

Konversieterapie
Soort onderwerp Skynwetenskap
Bewerings Iemand se seksuele oriëntasie, romantiese oriëntasie, genderidentiteit of genderuitdrukking kan verander word om in te pas by heteroseksuele, heteroromantiese en cisgender norme.
Voorstanders Eksgaybeweging
Garrard Conley (links), skrywer van Boy Erased: A Memoir oor konversieterapie waarvan die rolprent Boy Erased gemaak is, en Joel Edgerton, regisseur van die prent.

Konversieterapie is die skynwetenskaplike praktyk om iemand se seksuele oriëntasie, romantiese oriëntasie, genderidentiteit of genderuitdrukking te probeer verander om in te pas by heteroseksuele en cisgender norme.[1] Metodes wat al gebruik is, sluit in breinchirurgie, chirurgiese of chemiese kastrasie, aversieterapie soos elektriese skokke, dwelmmiddels wat die mens naar maak, hipnose, berading, psigoanalise, spirituele ingrypings en prikkelingsrekondisionering.

Die wetenskaplike konsensus is dat konversieterapie ondoeltreffend is om iemand se seksuele oriëntasie of genderidentiteit te verander en dat dit dikwels sielkundige skade op lang termyn aanrig.[2] Die huidige geneeskundige en kliniese riglyne is dat homoseksualiteit, biseksualiteit en genderverskille natuurlike en gesonde variasies van menslike seksualiteit is.[2][3] Verskeie lande wêreldwyd het al wette teen die praktyk aanvaar.[4]

  1. Fenaughty, John; Tan, Kyle; Ker, Alex; Veale, Jaimie; Saxton, Peter; Alansari, Mohamed (Januarie 2023). "Sexual Orientation and Gender Identity Change Efforts for Young People in New Zealand: Demographics, Types of Suggesters, and Associations with Mental Health". Journal of Youth and Adolescence (in Engels). 52 (1): 149–164. doi:10.1007/s10964-022-01693-3. ISSN 0047-2891. PMC 9813061. PMID 36301377.
  2. 2,0 2,1 Higbee, Madison; Wright, Eric R.; Roemerman, Ryan M. (2022). "Conversion Therapy in the Southern United States: Prevalence and Experiences of the Survivors". Journal of Homosexuality. 69 (4): 612–631. doi:10.1080/00918369.2020.1840213. PMID 33206024. S2CID 227039714.
  3. Haldeman 2022, p. 5.
  4. Drescher 2000, p. 152

Konversieterapie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne