Krasnodar-krai Краснодарский край | ||||
Die ligging van Krasnodar-krai in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Suidelike | |||
Ekonomiese streek | Noord-Kaukasiese | |||
Stigting | 13 September 1937 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Krasnodar | |||
Leier | Aleksander Tkatsjof | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Wetgewende Raad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 5 226 647 | |||
Volgorde | 3de | |||
Digtheid | 68,77/km² | |||
Stedelik | 52,9% | |||
Plattelands | 47,1% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 76 000 km² | |||
Volgorde | 42ste | |||
Tydsone | UTC+04:00 | |||
Registrasienommer | 23 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://admkrai.kuban.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
|
Krasnodar-krai (Russies: Краснода́рский край, Krasnodarski krai) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Suidelike Federale Distrik en die hoofstad is Krasnodar. Volgens die Russiese sensus van 2010 het die krai ’n bevolking van 5 226 647[1] – dit is die federale gebied met die derde meeste inwoners.
Krasnodar-krai is formeel en informeel bekend as Koeban (Кубань), ’n term wat verwys na die voormalige Koeban-volksrepubliek en die historiese streek Koeban tussen die See van Azof en die Koebanrivier, wat die grootste deel van die krai se gebied uitmaak. Dit word in die noorde deur die Rostof-oblast begrens, in die ooste deur Stawropol-krai en in die suidooste deur Karatsjai-Tsjerkessië. Adigea is ’n enklawe binne die krai se grense. Krasnodar-krai deel ’n internasionale grens met Abchasië in die suide en grens aan die betwiste gebied Krim in die weste, oorkant die Kertsj-straat.
Die noordelike deel van die krai behoort tot die Donsteppe, terwyl die suidelike streek se Mediterreense klimaat dit ’n gewilde toeristebestemming maak. Noworossijisk is Rusland se belangrikste hawe aan die Swartsee en een van die min stede waaraan die titel "Heldestad" toegeken is. Sotsji het die Olimpiese Winterspele 2014 aangebied. Krasnodar-krai bevat ook ’n aansienlike infrastruktuur van die Russiese Vloot se Swartseevloot.
<ref>
tag; no text was provided for refs named Sensus