'n Kumuleen is 'n koolwaterstof met drie of meer opeenvolgende dubbelbindings.[1] Die naam is afgelei van die woord "kumulatief". Hulle is soortgelyk aan allene, maar het net 'n meer uitgebreide ketting. Die eenvoudigste molekule in hierdie klas is butatrieen (H2C=C=C=CH2), wat ook eenvoudig "kumuleen" genoem word. In teenstelling met die meeste alkane en alkene, is kumulene geneig om onbuigbaar te wees, vergelykbaar met alkyne, wat hulle aantreklik maak vir molekulêre nanotegnologie. Kumulene kom voor in gebiede in die buitenste ruimte waar waterstof skaars is. Kumulene wat heteroatome bevat, word heterokumulene genoem;[2] 'n voorbeeld is koolstofsuboksied (C3O2 of O=C=C=C=0).