'n Kwatryn is 'n gedig of strofe van 'n gedig van vier versreëls en twee rymklanke. [1] Die woord is afgelei van die Franse woord quatrain, van quatre, vir vier.[2]
Die rymskema is meestal a-a-b-b, maar ook a-b-a-b en andere skema's is ook moontlik. 'n Kwatryn het gewoonlik 'n ernstige, lewensbeskoulike inhoud. Die Persiese digter Omar Chajjam is 'n baie bekende voorbeeld van 'n skrywer van kwatryne. Van sy kwatryne is deur Daniël Hugo in Afrikaans vertaal.[3] Khajjam se kwatryne het danksy die vertaler van sy kwatryne in Engels, Edward FitzGerald, die naam Roebaijat of رباعیات gekry, afgelei van die Arabiese stam vir vier. Bekende Afrikaanse digters van kwatryne is Daniël Hugo en Johann de Lange. 'n Nederlandse digter wat bekend was vir sy kwatryne is Jacob Israël de Haan.