Langfang 廊坊 | |
---|---|
Stad | |
Langfang in 2009. | |
Koördinate: 39°31′00″N 116°42′00″O / 39.51667°N 116.70000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Hebei |
Oppervlak | |
• Stad | 6 429 km2 (2 482 vk. myl) |
Bevolking | |
• Stad | 3 850 000 |
• Metro | 763 700 |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Webwerf | lf.gov.cn |
Langfang (Chinees: 廊坊) is 'n stad in die Chinese provinsie Hebei met 'n bevolking van 3 850 000 in 2010. Die stad is in die noordooste van China, net suidoos van Beijing en suidwes van Tianjin geleë.
Langfang grens in die suidweste aan Baoding, in die suide aan Cangtsjou, in die noorde aan Beijing en in die ooste aan Tianjin. Die stad is tydens die Bokseropstand deur Europese magte verower en tydens die Tweede Chinees-Japannese Oorlog het die Slag van Langfang hier plaasgevind.