Lantianmens
| |
Algemene naam | Lantianmens |
---|---|
Spesie | Homo erectus lantianensis |
Ouderdom | 684 000 - 1,65 miljoen |
Plek ontdek | Gongwangling en Chenchiawo, Lantian, China |
Datum ontdek | 1963, '64 |
Die Lantianmens (Chinees: 蓝田 of 藍田, Lántián rén) of Homo erectus lantianensis is 'n subspesie van Homo erectus wat bekend is van 'n feitlik volledige kakebeen wat in 1963 by die dorpie Chenchiawo (陈家窝) ontdek is, en 'n gedeeltelike skedel van Gongwangling (公王岭) wat in 1964 ontdek is. Die terreine is in die Lantianstreek op die Loesplato van China geleë.[1]