Lefortowo-gevangenis | ||
Die Lefortowo-gevangenis in Moskou. | ||
Ligging | ||
Stad/dorp | Moskou | |
Land | Rusland | |
Geskiedenis | ||
Geopen | 1881 | |
Inligting | ||
Status | Werkend | |
Bestuur deur | Departement van justisie |
Die Lefortowo-gevangenis (Russies: Лефортовская тюрьма, Lefortofskaja Tjoerma; ) is 'n tronk in Moskou, Rusland, wat sedert 2005 onder die jurisdiksie van die Russiese departement van justisie val. Dit is in 1881 gebou in die Lefortowo-distrik van Moskou. Die distrik is genoem na Franz Lefort, 'n goeie vennoot van tsaar Pieter die Grote.
Gedurende die Groot Suiwering is Lefortowo deur die NKVD gebruik vir ondervraging wat met marteling gepaardgaan. In die tyd van die Sowjetunie was dit 'n berugte KGB-tronk en "isoleerder" vir politieke gevangenes.[1] In 1994 is dit aan die MVD oorgedra en van 1996 tot 2005 was dit onder die bevoegdheid van die FSB, 'n opvolgerinstelling van die KGB.
Die tronk het na bewering streng aanhoudingsmaatreëls. Net regsverteenwoordigers mag die gevangenes besoek. Hulle mag briewe kry, maar dit word gelees.[2]