| |||||
Nasionale leuse: Tautos jėga vienybėje (Litaus vir: "Die nasie se sterkte lê in eenheid") | |||||
Volkslied: Tautiška giesmė (Litaus vir: "Die nasionale volkslied") | |||||
Hoofstad | Vilnius | ||||
Grootste stad | Vilnius | ||||
Amptelike tale | Litaus | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[1] Gitanas Nausėda Gintautas Paluckas | ||||
Onafhanklikheid • Eerste verwysing na Litaue
• Kroning van Mindaugas • Unie met Pole • Stigting van Pole-Litaue • Verdeling van Pole-Litaue • Onafhanklikheid verklaar • 1ste Sowjet-besetting • Nazi-Duitse besetting • 2de Sowjet-besetting • Onafhanklikheid herstel |
van Rusland/Duitsland 9 Maart 1009 6 Julie 1253 2 Februarie 1386 1 Julie 1569 24 Oktober 1795 16 Februarie 1918 15 Junie 1940 22 Junie 1941 Julie 1944 11 Maart 1990 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
65 300[2] km2 (123ste) 25 212 myl2 1,98 (2015)[3] | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
2 628 186[2] (142ste) 3 043 429[4] 40 / km2 (138ste) 104 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,879[6] (37ste) – baie hoog | ||||
Gini (2023) | 35,7[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .lt en .eu | ||||
Skakelkode | +370 | ||||
1Meervoudsvorme word deur die eindsyfers bepaal: 02–09: Litai/Centai, 00–01: Litų/Centų |
Litaue (ook Litoue; Litaus: Lietuva, [lʲɪɛtʊˈvɐ]), amptelik die Republiek Litaue (Lietuvos Respublika), is ’n Noordoos-Europese land en ten opsigte van sy oppervlakte sowel as sy bevolking die grootste van die drie Baltiese lande. As die suidelikste van hierdie drie lande vorm Litaue volgens metings van die Franse Nasionale Instituut vir Geografie ook die middelpunt van Europa – net 26 kilometer noord van die Litause hoofstad Vilnius dui ’n wit granietsuil met vonkelende sterre hierdie geografiese punt aan en versinnebeeld ook die onafhanklike Republiek Litaue se lidmaatskap in die Europese Unie.
Die Litause landskap met sy saggies golwende heuwels, donker woude en eensame mere het aanleiding tot die ontstaan van ’n ryk erfenis van sprokies, mites en liedere gegee wat onder meer die belangstelling van Duitse digters en filosowe soos Johann Wolfgang von Goethe en Johann Gottfried von Herder gewek het. Sangfeeste is steeds ’n belangrike deel van die kulturele lewe in Litaue, en sowat ’n kwart van die totale bevolking is lede van koorgroepe.
Vandag is Litaue ’n moderne Europese land wat sy regmatige plek in die Europese en wêreldekonomie inneem, terwyl sy bewoners danksy die uitgestrekte en dikwels ongerepte landskappe een van die mees natuurverbonde volke op die Europese vasteland gebly het. Litaue is sedert 1 Mei 2004 een van die lidlande van die Europese Unie en op 1 Januarie 2015 is die Euro as geldeenheid ingevoer. Op 5 Julie 2018 het Litaue by die OESO aangesluit.[8]