Malawimeer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Malawimeer | |
Kaart van die Malawimeer | |
Koördinate: | 12°11′S 34°22′O / 12.183°S 34.367°O |
Ligging: | Malawi, Mosambiek, Tanzanië |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 29 600 km² (11 400 myl²)[1] |
Gemiddelde diepte: | 292 m[2] (958 vt) |
Maksimum diepte: | 706 m[2] (2 316 vt) |
Volume: | 8 400 km³[2] (2 000 myl³) |
Lengte: | 560[1] (350 myl) tot 580 km[3] (360 myl) |
Breedte: | 75 km[1] (47 myl) |
Invloei: | Ruhuhu[1] |
Uitvloei: | Shirerivier[1] |
Eiland/e: | Likoma, Chizumulu |
Malawimeer, ook bekend as Lake Nyasa in Tanzanië en Lago Niassa in Mosambiek, is 'n Afrika-meer en die suidelikste meer in die Oos-Afrikaanse Skeurstelsel, geleë tussen Malawi, Mosambiek en Tanzanië.[4]
Dit is die vierde grootste varswatermeer ter wêreld, die negende grootste meer ter wêreld volgens oppervlakte — en die derde grootste en tweede diepste meer in Afrika. Die Malawimeer is die tuiste van meer visspesies as enige ander meer, insluitend ten minste 700 spesies cichlidae.[5] Die Mosambiekse deel van die meer is op 10 Junie 2011 amptelik deur die regering van Mosambiek tot reservaat verklaar,[6] terwyl 'n gedeelte van die meer in Malawi in die Malawimeer Nasionale Park opgeneem is.[7]
Malawimeer is 'n meromiktiese meer, wat beteken dat die waterlae nie meng nie. Die permanente stratifikasie van Malawimeer se water en die oksi-anoksiese grens (wat verband hou met suurstof in die water) word gehandhaaf deur relatief klein chemiese en termiese gradiënte.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)