Mali-teater | |
---|---|
Plaaslike naam | Малый театр |
Ligging | Teaterplein (Театральная площадь) |
Stad | Moskou, Rusland |
Geopen | 11 April 1806 (14 Oktober 1824 op Teaterplein) |
Soort | Staatsteater Dramateater |
Sitplekke | 953 (hoofverhoog)[1] 760 (2de verhoog)[2] |
Webtuiste | www.maly.ru |
Die Mali-teater (Russies: Малый театр, "Klein Teater") is ’n teater in Moskou, Rusland, wat hoofsaaklik toneelstukke opvoer. Dit is in 1806 gestig[3] en word van 1824 af vanaf sy huidige standplaas op Teaterplein bedryf.[3] Die naam Mali-teater is in teenstelling met dié van die nabygeleë Bolsjoi-teater ("Groot Teater").