Mandurah | |
---|---|
Ligging van Mandurah in Wes-Australië | |
Koördinate: 32°31′44″S 115°43′23″O / 32.52889°S 115.72306°O | |
Staat | Australië |
Deelstaat | Wes-Australië |
Stigting | 1 November 1829 |
Oppervlak | |
• Totaal | 106,6 km2 (41,2 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 85 814 |
• Digtheid | 636,1/km2 (1 647,5/vk. myl) |
Tydsone | UTC+8 (AWST) |
Mandurah is 'n stad in Wes-Australië wat ongeveer 72 km suid van die staat se hoofstad, Perth af geleë is.
Mandurah is die streekstad in Australië wat die vinnigste groei. Die stad het gegroei van geïsoleerde vakansiegemeenskappe langs die kus van die Peel-Harvey riviermond tot 'n baie gewilde bestemming vir diegene op soek na 'n alternatiewe lewenstyl. Mandurah se verbinding met die sentrale sakegebied van Perth is versterk met die opening van die Mandurah-Perth spoorlyn in Desember 2007. 'n Ondersoek na beskostigbaarheid in 227 stede in 2008 het dié stad as die duurste in Australië gelys.[1]
Die stadskern se strandgebied is die tuiste van 'n verskeidenheid natuurlewe wat dolfyne, pelikane, seeduikers en 'n oorvloed seelewe wat die bloumanna krap, wat sinoniem met die gebied geword het, insluit.
Die stad word jaarliks deur duisende binnelandse- asook buitelandse toeriste besoek. Mandurah is bekend vir sy beskermde waterweë, uitstekende strande en boot en visvangaktiwiteite.