Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Maputo

Maputo

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Mosambiek Mosambiek
 Koördinate 25°58′S 32°35′O / 25.967°S 32.583°O / -25.967; 32.583
 Stigting 1781
 Stadstatus 1887
 Oppervlak:  
 - Totaal 346,77 vk km
 Hoogte bo seevlak 7 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 1 101 170
 - Bevolkingsdigtheid 3 200/vk km
 Tydsone UTC +2 (SAT)
 - Somertyd Geen
 President van Stadsraad David Simango
 Amptelike Webwerf cmmaputo.gov.mz

Maputo (Portugees: [mɐˈputu]; vroeër: Lourenço Marques) is die hoofstad van Mosambiek met 'n oppervlak van 346,77 vierkante kilometer en 'n bevolking van 1 101 170 in 2017. Die metropolitaanse gebied van Maputo, wat die voorstad Matola insluit, het 'n bevolking van 1 766 823.

Maputo se stadsilhoeët aan die Indiese Oseaan
Nasa-Satellietbeeld van Maputo
Maputo se spoorwegstasie
Avenida Central in koloniale Lourenço Marques (nou Maputo), omstreeks 1905

Die ekonomie van die stad is hoofsaaklik afhanklik van sy hawe aangesien dit geleë is aan die Indiese Oseaan. Die amptelike bevolking is ongeveer een miljoen, maar dit word gereken as baie hoër indien informele nedersettings in ag geneem word.

Maputo is geleë aan die westekant van Maputobaai by die mond van die Temberivier. Die baai is 95 km lank en 30 km breed. Die Maputorivier mond aan die suidelike kant van die baai uit. Die stad word omring deur Maputoprovinsie, maar vorm 'n provinsie onder sy eie bestuur. Maputo is sowat 120 km van die Suid-Afrikaanse grens by Ressano Garcia en 80 km van die eSwatini-grens by Namaacha.

Toe dit gestig is aan die einde van die 18de eeu, is die stad genoem na Lourenço Marques, die Portugese handelaar wat die area eerste verken het in 1544. In 1895 het konstruksie van 'n spoorlyn na Pretoria veroorsaak dat die stad se bevolking aansienlik gegroei het, en Lourenço Marques het uiteindelik die hoofstad van Mosambiek geword. Nadat Mosambiek in 1975 onafhanklikheid ontvang het van Portugal, is die naam van die stad verander na Maputo. Die naam het waarskynlik sy oorsprong by 'n ou berugte stamleier, Maputa, wat eens op 'n tyd die streek regeer het.

Mosambiek se eerste universiteit, Universidade Eduardo Mondlane, is in Maputo. Die stad het ook 'n museum van Mosambiekse geskiedenis, 'n militêre museum, en die Rooms-Katolieke katedraal van Ons Dame van Fatima.

Maputo is 'n beplande stad met vierkantige straatblokke en wye strate, met Portugese argitektoniese invloed uit die 1970's. Meeste Portugese het die land verlaat na die onafhanklikheidsoorlog in 1975. Die verlies aan kapitaal en vaardigheid tesame met die afgelope burgeroorlog, het die land in 'n verwaarloosde posisie gelaat. Die stad self is egter nooit vernietig nie aangesien dit as neutrale grond beskou is in beide die koloniale en burgeroorlog. Ekonomies kry die stad egter swaar as gevolg van 'n gebrek aan beleggings en wanbestuur deur die regering.

Die strand by Maputo is vernietig deur stortafval in die baai asook seevissery deur Russiese oorlogskepe. Die see se toestand blyk wel besig te wees om te verbeter, en daar is hoop dat verbeterde sanitêre maatreëls verandering sal bring binne die volgende paar jaar.

Vandag is Maputo 'n smeltkroes van verskeie kulture, met 'n sterk Suid-Afrikaanse invloed. Die kos is 'n kombinasie van Portugese en Moslem-kombuis, en seekos is algemeen. Sedert 10 November 2018 beskik Maputo oor die langste hangbrug van Afrika wat die binnestad oor die Maputobaai met die voorstad Katembe verbind.


Previous Page Next Page






ማፑቶ AM Maputo AN مابوتو Arabic مابوتو ARZ Maputu AST Maputo AVK Maputu AZ ماپوتو AZB Maputo BAN Maputo (Begriffsklearung) BAR

Responsive image

Responsive image