Metanol

Eienskappe

Algemeen

Naam Metanol
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule CH3OH
Molêre massa 32.04 g/mol
CAS-nommer 67-56-1  
Voorkoms kleurlose vloeistof
Fasegedrag
Smeltpunt 176 K (–97 °C)
Kookpunt 337.8 K (64.7 °C)
Digtheid 0.7918 g/cm³ 
Mengbaarheid water
Oplosbaarheid  
Viskositeit 0.59 mPa·s teen 20 °C 
Henry se konstante 2,04(12) x 10+2 [L/mol.atm] 5400 [K][1]

Suur-basis eienskappe

pKa ~ +15.5 (H+ van -OH groep)

Veiligheid

Flitspunt 11 °C[2] 
Selfontbrandingspunt 464 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Metanol ook bekend as metielalkohol (of vroër as "houtgees"), is 'n chemiese verbinding met die chemiese formule CH3OH. Dit is die eenvoudigste alkohol en is 'n ligte, vlugtige, vlambare en giftige vloeistof met 'n kenmerkende reuk wat minder skerp en soeter is as dié van etanol. By kamertemperatuur is dit 'n polêre vloeistof wat gebruik kan word as teenvriesmiddel, oplosmiddel, brandstof en 'n middel om etanol ondrinkbaar te maak. Dit word ook gebruik in die vervaardiging van biodiesel deur middel van die transesterifikasieproses.

  1. Sander.
  2. "Material Safety Data Sheet" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Junie 2015.

Metanol

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne