Mindanao

Mindanao
Ligging van Mindanao in die Filippyne
Ligging van Mindanao in die Filippyne
Geografie

Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 8°N 125°O / 8°N 125°O / 8; 125
Argipel Filippyne

Hoofeilande Mindanao, Basilan, Jolo, Tawitawi, Bucas, Grande, Dinagat, Siargao, Samal, Camiguin
Oppervlakte 104 530 vk km
Hoogste punt Berg Apo 2 954 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
Streke Caraga, Noord-Mindanao, Zamboanga-skiereiland, Davao-streek, Autonomous Region of Muslim Mindanao (ARMM), SOCCSKSARGEN

Hoofstad Davao Stad
Grootste stad Davao Stad (1 632 991)

Demografie
Bevolking 21 968 174

Bevolkingsgroepe Visayan, Lumad, Moro, Negrito, Ilocano, Zamboangueño
Die wêreld se 19de grootste eiland en die tweede grootste eiland van die Filippyne

Mindanao (Engels: ), die wêreld se 19de grootste eiland, beslaan 'n oppervlakte van 104 530 km² en word begrens deur die Celebessee in die suidweste, die Sulusee in die weste, die Filippynse See in die ooste en die Molukkesee in die suide. Mindanao is die tweede grootste, tweede mees bevolkte en mees suidelike van die Filippynse eilande. Dit is in die suide van die Visayas asook in die noorde van Borneo, Sulawesi en die Molukke geleë.[1] Mindanao vorm saam met Luzon en die Visayas die eilandnasie Filippyne.

Berg Apo, 'n vulkaan op Mindanao
Topografiese kaart van Mindanao

Die term Mindanao verwys ook ná die argipel in die suide van die Filippyne, wat die gelyknamige hoofeiland, Basilan, Jolo, Tawitawi, Bucas, Grande, Dinagat, Siargao, Samal en Camiguin insluit.

  1. "Mindanao" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op 26 April 2020.

Mindanao

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne