Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Minstreel

'n Minstreel tydens 'n middeleeuse mark in New York

'n Minstreel was 'n middeleeuse kunstenaar wat verbonde was aan 'n beskermheer.

Die woord is verwant aan minister (dienaar). Die "min" in minstreel het egter niks te make nie met die "minne" (liefde) in minnesanger nie.

Die minstreel het onder andere liedere gesing, musiek gespeel, poësie geskryf en verhale vertel–veral oor aktuele gebeure en persone. Die minstrele het onderling soms verbale tweegevegte uitgevoer. Minstrele het selfs gekomponeer en komposisies van andere of volksliedjies na hul optredes gebring.

'n Minstreel het, anders as 'n jongleur, 'n vaste betrekking by byvoorbeeld 'n kasteel gehad. Minnesangers of troebadoers was meer verfynd en poëties as minstrele, maar die skeidslyn tussen die verskillende spelers was soms vaag.


Previous Page Next Page






شاعر منشد Arabic Minstrel AZ Ministrer Catalan Minstrel Czech Leger Danish Ménestrel German Μενεστρέλοι Greek Minstrel English Menestrelo EO Ministril Spanish

Responsive image

Responsive image