Mira (ook bekend as Omicron Ceti of ο Cet) is ’n dubbelster sowat 200-400 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeldWalvis (Cetus). Dit bestaan uit ’n rooireusester, Mira A, en die witdwerg Mira B. Mira is ook ’n veranderlike ster en is die eerste van dié soort sterre wat ontdek is wat nie ’n supernova was nie, behalwe dalk Algol. Mira is die helderste periodieke veranderlike ster wat vir ’n deel van sy siklus nie met die blote oog sigbaar is nie. Sy afstand is onseker; ramings voor Hipparcos is sowat 220 ligjare,[10] maar latere ramings in 2007 dui op 299 ligjare, met ’n foutmarge van 11%.[11]
↑Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aj114_1584
↑ 2,02,1Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653
↑Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aass34_1
↑Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named gcvs71