’n Molotofbom, vernoem na Wjatsjeslaf Molotof en ook genoem ’n petrolbom of 'n Molotof-granaat, is die algemene naam vir ’n verskeidenheid kru, handgemaakte brandbomme. Alhoewel hulle oor die algemeen geassosieer word met guerrillas en onluste, word hulle gereeld gebruik vir algemene kriminele brandstigting. Dié molotofbom kan voorts ook dien as 'n insurgensiewapen.