Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die multifunksiedrukker, of ook multifunksiesentrum of alles-in-een masjien, is 'n masjien wat 'n skandeerder, drukker en partykeer ook 'n faksmasjien ingebou het. So 'n masjien kan dan skandeer, druk, kopieer en faks en sommiges kan ook e-pos stuur en ontvang. Hierdie tipe masjiene is beskikbaar met 'n inkspuitdrukker (met vloeibare ink) of 'n laserdrukker (met drukkerpoeier).
Nuwer modelle spog selfs met kleurdruk en het 'n dupleksdruk moontlikheid (wat die voorkant en agterkant van 'n vel papier in een outomatiese proses kan bedruk), party ook met 'n dupleksskandeer moontlikheid (wat die voorkant en agterkant van 'n papier in een outomatiese proses kan skandeer).