Nancy | |
---|---|
Die Stanislas-plein (Place Stanislas) | |
Koördinate: 48°41′37″N 6°11′05″O / 48.69361°N 6.18472°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Grand Est |
Département | Meurthe-et-Moselle |
Arrondissement | Nancy |
Kanton | Nancy-Oos, Nancy-Noord, Nancy-Wes, Nancy-Suid |
Stigting | 10de eeu |
Regering | |
• Burgemeester | Laurent Hénart |
Oppervlak | |
• Stad | 15,01 km2 (5,8 vk. myl) |
Hoogte | 188–353 m (617–1 158 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 105 162 |
• Digtheid | 7 083/km2 (18 340/vk. myl) |
• Stedelik | 434 479 |
Poskode | 54000 |
Skakelkodes | 54395 |
Webwerf | nancy.fr |
Nancy is 'n stad en munisipaliteit in die Franse gewes Grand Est en die prefektuur (hoofstad) van die département Meurthe-et-Moselle. Die stad was die eertydse politieke hoofstad van die Hertogdom Lotaringe, tot met die hertogdom se aansluiting by Frankryk in 1766. As gevolg van stedelike groei het Nancy en die kleiner omliggende dorpe mettertyd saamgesmelt, en hulle vorm deesdae die stadsgebied Groter Nancy. Die bevolking van Groter Nancy was 434 000 inwoners in 2008, waarvan 106 000 binne die oorspronklike stadsperke van Nancy gewoon het.