Die Narmer-palet, ook bekend as die Groot Hierakonpolis-palet, is ’n belangrike argeologiese vonds uit Antieke Egipte en dateer uit omstreeks die 31ste eeu v.C.. Dit bevat van die vroegste hiëroglief-inskripsies wat nog gevind is. Sommige geleerdes glo dit beeld die vereniging van Bo- en Benede-Egipte onder koning Narmer uit.