Nauruaans Dorerin Naoero, Ekaiairũ Naoero | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Nauru | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 9 300 (moedertaal) 1 000 (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Oseanies Mikronesies Nauruaans | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nauru | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | na
| |
ISO 639-2: | nau
| |
ISO 639-3: | nau
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Nauruaans (Dorerin Naoero of Ekaiairũ Naoero) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Nauru vorm. Die teks van Nauru se volkslied, Nauru Bwiema, is in Nauruaans.
Taalkundiges klassifiseer Nauruaans as 'n Mikronesiese taal wat nou verwant aan Kiribaties van Kiribati en Marshallees van die Marshalleilande is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans en Tongaans.
Nauruaans het 9 300 moedertaalsprekers, terwyl sowat 1 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Volgens 'n verslag wat in 1937 in Sydney gepubliseer is, het Nauruaans oorspronklik verskeie dialekte bevat, wat onderling nie heeltemal verstaanbaar was nie. Nadat die Duitse Keiserryk Nauru in 1888 gekoloniseer en die invloed van buitelandse tale groter geword het, het die aanpassingsproses van die dialekte begin. Vandag bevat Nauruaans feitlik geen dialekte nie, net die dialek van die hoofstad Yaren verskil effens.