John Newbery-medalje
| ||
![]() | ||
John Newbery, genoem "die vader van kinderliteratuur", was 'n Engelse boekuitgewer wat kinderliteratuur eers 'n volhoubare en winsgewende deel van die literêre mark gemaak het.[1] | ||
Toegeken vir | Die mees vooraanstaande bydraes tot die Amerikaanse literatuur vir kinders | |
Borg | Association for Library Service to Children, 'n afdeling van die American Library Association | |
Land | ![]() | |
Datum | Jaarliks rondom Oktober | |
Eerste toekenning | 1922 | |
Webtuiste | ala.org |
Die John Newbery-medalje of Newbery-medalje is 'n letterkundige toekenning van die "Association for Library Service to Children", 'n onderafdeling van die Amerikaanse Biblioteekassosiasie. Dit word toegeken aan die skrywer van 'n Amerikaanse kinderboek van hoogstaande gehalte. Dit word sedert 1922 jaarliks toegeken. Dit word beskou as een van die twee mees gesogte toekennings vir kinderliteratuur in Amerika. Dit is genoem na John Newbery, 'n uitgewer van kinderboeke uit die agtiende eeu. Dit is in 1921 ontwerp deur Rene Paul Chambellan. Op die agterkant is 'n ets van 'n skrywer wat sy nuwe boek gee aan 'n seun en 'n dogter om te lees. Die Newbery-medalje word maklik verwar met die Newbery Eervolle Vermeldings, wat jaarliks toegeken word aan verdienstelike naaswenners.