Nieu-Seeland

Nieu-Seeland
New Zealand (Engels)
Aotearoa (Māori)
Vlag van Nieu-Seeland Wapen van Nieu-Seeland
Vlag Wapen
Volkslied: God Defend New Zealand[1]
(Engels vir: "God verdedig Nieu-Seeland")

Koninklike volkslied: God Save the King[1]
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Nieu-Seeland
Hoofstad Wellington

41°17′S 174°27′O / 41.283°S 174.450°O / -41.283; 174.450

Grootste stad Auckland

36°50′S 174°44′O / 36.833°S 174.733°O / -36.833; 174.733

Amptelike tale Engels (95,4%)
Māori (4,0%)
Nieu-Seelandse
gebaretaal (0,5%)1
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Cindy Kiro
Christopher Luxon
Onafhanklikheid
• Verantwoordelike regering
Dominion
Statuut van Westminster
• Goedgekeur
De jure onafhanklikheid
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
7 Mei 1856
26 September 1907
11 Desember 1931
25 November 1947
10 Desember 1947
13 Desember 1986
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
270 534[2] km2  (75ste)
104 454 myl2
2,24 (2015)[3]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2018-sensus
 - Digtheid
 
5 256 330[4] (120ste)
4 699 755[5]
19,5 / km2 (167ste)
50,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$279,183 miljard[6] (63ste)
$53 809[6] (32ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$249,415 miljard[6] (51ste)
$48 072[6] (23ste)

MOI (2021) 0,937[7] (13de)  –  baie hoog
Gini (2022) 30,0[8] –  medium
Geldeenheid Dollar ($) (NZD)
Tydsone
 - Somertyd
NZST (UTC+12)
NZDT (September tot April) (UTC+13)
Internet-TLD .nz
Skakelkode +64
1. As huistale: immigrantetale, waaronder Afrikaans 0,8%.

Nieu-Seeland (Engels: New Zealand, [njuːˈziːlənd], ; Māori: Aotearoa, [aɔˈtɛaɾɔa]) is 'n eilandstaat in die suidwestelike Stille Oseaangebied. Geografies bestaan dié land, wat in 1840 tot Britse kolonie verklaar is en in 1907 'n dominium binne die Britse Gemenebes van Nasies geword het, uit twee hoofeilande en 'n aantal kleiner eilande. Nieu-Seeland is 'n grondwetlike monargie met Charles III as staatshoof (verteenwoordig deur die goewerneur-generaal, dame Cindy Kiro) en 'n eenkamerparlement met 121 afgevaardigdes.

Nasa-Satellietbeeld van Nieu-Seeland in 2002

'n Algemene Māorinaam vir Nieu-Seeland is Aotearoa,[9] meestal vertaal as Land van die Lang Wit Wolk. Nieu-Seeland staan bekend vir sy isolasie: dié land word deur die Tasmansee, wat ongeveer 2 000 kilometer wyd is, van sy noordwestelike buurland Australië geskei. Die naaste buurlande is Nieu-Kaledonië, Fidji en Tonga in die noorde en Antarktika in die suide. Weens sy afgeleë ligging was Nieu-Seeland – behalwe vir Antarktika – die laaste groot landmassa waar mense hulle gevestig het.

Nieu-Seeland kan nóg in geografiese nóg in kulturele opsig by 'n bepaalde vasteland gereken word: dié land lê gedeeltelik op die Australiese asook die Pasifiese Plaat en toon sowel ooreenkomste met die hoofsaaklik Europese kultuur van Australië as die Polinesiese gedeelte van Oseanië. Die eilandstaat vorm die westelike punt van die Polinesiese Driehoek.

Nieu-Seeland verskil van ander nywerheidslande deur sy ongewone ekonomiese struktuur – die belangrikste sektore is land- en bosbou, voedselverwerking en toerisme. Dikwels word na Nieu-Seeland as 'n "groen eiland" verwys, veral vanweë sy lae bevolkingsdigtheid, sy ongeskonde natuur asook sy veelsydige en – danksy die geïsoleerde ligging – unieke flora en fauna.

Van Nieu-Seeland se byna vyf miljoen inwoners woon rofweg 3,5 miljoen op die Noordeiland en een miljoen op die Suideiland. Hierdie eilande is onder die grootstes in die wêreld en die gekombineerde landarea is vergelykbaar met dié van die Britse Eilande en meer as twee keer so groot soos die Wes-Kaap. Tesame met Aotearoa, was 'n ander Māorinaam vir Nieu-Seeland Niu Tireni, 'n transliterasie van die Engelse naam.[10]

Ander eilande het veel kleiner bevolkings en dek baie minder landarea. Die belangrikste van hierdie eilande is:

  • Stewart-eiland (suid van die Suideiland), die derde grootste eiland volgens landarea met 'n bevolking van sowat 400.
  • Waiheke-eiland, 'n eiland in Auckland se Haurakibaai, en met 'n bevolking van sowat 7 000 (veel meer in die somer), die derde digste bewoonde eiland in Nieu-Seeland.
  • Groot Barrière-eiland, oos van die Haurakibaai.
  • Chathameilande, 'n afgeleë groep eilande met 'n bevolking van sowat 750.

Veral sedert die 1990's het 'n groot aantal Suid-Afrikaanse immigrante hulle in Nieu-Seeland gevestig. Tans is meer as 40 000 Nieu-Seelanders in Suid-Afrika gebore, maar ook sowat 18 000 Amerikaners het 'n nuwe tuiste in die Pasifiese eilandstaat gevind.[11]

  1. 1,0 1,1 (en) "Page 1. New Zealand's anthems". Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand. Besoek op 27 November 2023.
  2. (en) "New Zealand country profile". BBC. 20 November 2023. Besoek op 27 November 2023.
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 27 November 2023.
  4. (en) "Population clock". Statistiek Nieu-Seeland. Besoek op 27 November 2023.
  5. (en) "Population clock". Statistiek Nieu-Seeland. Besoek op 27 November 2023.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "New Zealand". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 27 November 2023.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 27 November 2023.
  8. (en) "Household income and housing-cost statistics: Year ended June 2022". Statistiek Nieu-Seeland. 23 Maart 2023. Besoek op 27 November 2023.
  9. (en) "AOTEAROA". An Encyclopaedia of New Zealand. Besoek op 27 November 2023.
  10. (en) "Page 1. Exploration and naming". Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand. Besoek op 27 November 2023.
  11. (en) "Page 17. Multi-cultural New Zealand: 1991 onwards". Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand. Besoek op 27 November 2023.

Nieu-Seeland

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne