Nievaatplant | |
---|---|
![]() | |
'n Thallose lewermos, Lunularia cruciata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | Nievaatplante
|
Afdelings | |
Eenvoudige nievaatplante |
Nievaatplante is 'n algemene term vir die plante, insluitend groenalge, waarby 'n vaatstelsel (xileem en floëem) ontbreek. By gebrek aan hierdie besondere weefsels, beskik 'n aantal nievaatplante wel oor spesiaal aangepaste weefsel vir die vervoer van water.[1]
Nievaatplante het geen wortels of stamme nie, aangesien dié strukture deur vaatweefsel gedefinieer word. Die lobbe (geronde dele) van lewermosse kan wel na blare lyk, maar dit is nie ware blare nie, aangesien dit geen xileem of floëem bevat nie. Soortgelyk beskik mosse en alge ook nie oor sodanige weefsels nie.[1]