Nokia

Nokia

Tipe Publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid
(Julkinen osakeyhtiö)
Gestig 1865
Hoofkantoor Espoo, UusimaaFinland
SleutelpersoneRisto Siilasmaa (voorsitter)
Rajeev Suri (President en hoof uitvoerende beampte)
Timo Ihamuotila (hoof finansiële beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieTelekommunikasie, inligtingstegnologie
ProdukteTelekommunikasie- en netwerktoerusting
DiensteTelekommunkasie- en netwerkdienste, digitale kaarte en navigasie
Inkomste €12,7 miljard (2013)
Bedryfsinkomste €519 miljoen (2013)
Netto inkomste €-615 miljoen (2013)
DivisiesKarteringsdienste
Navorsings- en ontwikkelingsentrum
Dogter-
maatskappye
Nokia Networks
Nokia Technologies
HERE
Webwerfnokia.com

Nokia Oyj (Fins; Sweeds: Nokia Abp) is 'n multinasionale kommunikasie- en inligtingstegnologie-onderneming wat sy hoofkwartier in Espoo, Uusimaa in die metropolitaanse gebied van die Finse hoofstad Helsinki het.

Voordat Nokia sy selfoonafdeling op 25 April 2014 aan die Amerikaanse sagtewarereus Microsoft verkoop het, was die onderneming een van die voorste vervaardigers van sel- en slimfone en tussen 1998 en 2011 selfs die wêreldmarkleier in dié bedryf.[1] In 2012 is dit deur Samsung verbygesteek.

In 2013 het Nokia sowat 90 000 werknemers in 120 lande in diens gehad (dié getal het laat in 2013 tot sowat 55 000 gedaal). Die onderneming het sy produkte in meer as 150 lande bemark en 'n algehele omset van €12,7 miljard behaal. Nokia is 'n publieke maatskappy met beperkte aanspreeklikheid waarvan die aandele op die effektebeurse in Helsinki en New York genoteer word. Dit word volgens sy bedryfsinkomste 392ste gelys op Fortune Global 500 se grootste internasionale ondernemings in 2014.[2]

Nokia het twee bekende dogtermaatskappye - Nokia Networks, wat telekommunikasie- en netwerktoerusting en -dienste aanbied, en HERE, wat gratis toegang tot digitale navigasie- en kaartdienste op die internet bied. In Augustus 2015 het Nokia die HERE-kaartdiensafdeling vir €2,8 miljard aan drie Duitse motorvervaardigers - Daimler, Audi en BMW - verkoop.[3]

  1. BBC News, 27 April 2012: Samsung overtakes Nokia in mobile phone shipments. Besoek op 19 November 2014
  2. Forbes: Global 500. Besoek op 19 November 2014
  3. www.faz.net: Nokia verkauft Kartendienst Here an deutsche Autokonzerne. Besoek op 5 Augustus 2015

Nokia

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne