Nyasasaurus Tydperk: Middel-Trias 243 m. jaar gelede | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
’n Voorstelling van Nyasasaurus gebaseer op fossielstukke van voorbeeld 1 (in swart) en voorbeeld 2 (in blou). | ||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||
| ||||||||
Tipe-spesie | ||||||||
|
Nyasasaurus ("Njassameer-akkedis") is ’n uitgestorwe genus Dinosauriformes-reptiele uit die Middel-Trias in Tanzanië en kan die vroegste bekende dinosourus wees. Die tipe-spesie, N. parringtoni, is in 1956 vir die eerste keer beskryf in ’n doktoraat van die Engelse paleontoloog Alan J. Charig, maar dit is eers in 2013 amptelik beskryf. Die vorige oudste rekord van ’n dinosourus was uit die Karnium-tydsnede, sowat 231,4 miljoen jaar gelede. Nyasasaurus is ontdek in ’n formasie wat uit die Anisium-tydsnede dateer, wat beteken dit het sowat 16 miljoen jaar voor ander vroeë dinosourusse geleef.[1]