Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Nyasasaurus

Nyasasaurus
Tydperk: Middel-Trias 243 m. jaar gelede
’n Voorstelling van Nyasasaurus gebaseer op fossielstukke van voorbeeld 1 (in swart) en voorbeeld 2 (in blou).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauriformes
Genus: Nyasasaurus
(Nesbitt et al., 2013)
Tipe-spesie
Nyasasaurus parringtoni

Nyasasaurus ("Njassameer-akkedis") is ’n uitgestorwe genus Dinosauriformes-reptiele uit die Middel-Trias in Tanzanië en kan die vroegste bekende dinosourus wees. Die tipe-spesie, N. parringtoni, is in 1956 vir die eerste keer beskryf in ’n doktoraat van die Engelse paleontoloog Alan J. Charig, maar dit is eers in 2013 amptelik beskryf. Die vorige oudste rekord van ’n dinosourus was uit die Karnium-tydsnede, sowat 231,4 miljoen jaar gelede. Nyasasaurus is ontdek in ’n formasie wat uit die Anisium-tydsnede dateer, wat beteken dit het sowat 16 miljoen jaar voor ander vroeë dinosourusse geleef.[1]

  1. Nesbitt, S. J.; Barrett, P.M.; Werning, S.; Sidor, C.A.; Charig, A.J. (2013). "The oldest dinosaur? A Middle Triassic dinosauriform from Tanzania". Biol. Lett. doi:10.1098/rsbl.2012.0949.

Previous Page Next Page






Nyasasaure Catalan Nyasasaurus Czech Nyasasaurus German Nyasasaurus English Nyasasaurus parringtoni Spanish نیاساسور FA Nyasasaurus French ניאסזאורוס HE Nyasasaurus parringtoni Italian Nyasasaurus Dutch

Responsive image

Responsive image