Algemeen | |
---|---|
Naam | Oksaalsuur |
Ander name | etaandikarboksielsuur |
Chemiese formule | (COOH)2(.2H2O) |
Molêre massa | 1126,07 g/mol (dihidr.) |
CAS-nommer | 144-62-7 (anhidraat)[1] 6153-56-6 (dihidraat)[2] |
Voorkoms | Kleurlose, wit kristalle; anhidraat higroskopies |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 189,5 (anhid.), 101 (dihidr.) |
Kookpunt | ontbind 157 (dihidr) |
Digtheid | 1,653 g/cm3 (dihidr.) |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 1,23 (1ste), 4,19 (2de) |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 7500 mg/kg (rot; oraal) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Oksaalsuur is 'n organiese verbinding met die formule (COOH)2 (of C2H2O4). Dit het 'n molekulêre struktuur met twee karboksielsuur-groepe en dit is die eenvoudigste dikarboksielsuur. Sy soute heet oksalate.
Suiwer oksaalsuur is 'n vastestof wat taamlik higroskopies is. Dit word gewoonlik as die dihidraat (COOH)2.2H2O verkoop. Dit is 'n wit kristallyne vaste stof wat 'n kleurlose oplossing in water vorm. Die suursterkte daarvan is baie groter as die van asynsuur. Oksaalsuur is 'n reduseermiddel[3] en sy gekonjugeerde basis, bekend as oksalaat (C2O2−4), is 'n cheleermiddel vir metaalkatione.
Oksaalsuur kom in talle natuurprodukte voor soos rabarber en spinasie. Een tipe nierstene bestaan uit 'n neerslag van kalsiumoksalaat.