| |||||
Nasionale leuse: Unidade, Acção, Progresso (Portugees) Unidade, Asaun, Progresu (Tetoem) (Afrikaans: "Eenheid, Aksie, Vooruitgang") | |||||
Volkslied: Pátria (Portugees vir: "Vaderland") | |||||
Hoofstad | Dili | ||||
Grootste stad | Dili | ||||
Amptelike tale | Portugees en Tetoema | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[1] José Ramos-Horta Xanana Gusmão | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Portugees-Timor • Onafhanklikheidsverklaring • Indonesiese anneksasie • Onafhanklikheid herstel |
16de eeu 28 November 1975 17 Julie 1976 20 Mei 2002 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
15 007[2] km2 (154ste) 5 794 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2015-sensus - Digtheid |
1 340 513 (153ste) 1 183 643[3] 78 / km2 (137ste) 202 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,607[5] (140ste) – medium | ||||
Gini (2014) | 28,7[6] – laag | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollarc ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+9) nie toegepas nie (UTC+9) | ||||
Internet-TLD | .tld | ||||
Skakelkode | +670 | ||||
a. 15 ander "nasionale tale" word deur die grondwet erken. b. Deur die grondwet gedefinieer as herstel. c. Centavo-munte word ook gebruik. d. .tp word uitgefaseer. |
Oos-Timor (Portugees: Timor-Leste, Tetoem: Timor-Lorosae), amptelik die Demokratiese Republiek Oos-Timor[7] (Portugees: República Democrática de Timor-Leste,[8] Tetoem: Repúblika Demokrátika Timór-Leste[9]), is 'n eilandstaat in Suidoos-Asië. Dié land is op die oostelike deel van die eiland Timor geleë en beslaan ook 'n klein eksklawe op die noordwestelike deel van dié eiland. Oos-Timor grens in die weste, noorde en ooste aan Indonesië, en word in die suidooste deur die Timorsee van Australië geskei. Dit beslaan 'n oppervlakte van 15 007 en het 'n bevolking van 1 340 513 in 2021 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Dili. Oos-Timor het twee amptelike tale: Portugees en Tetoem.
Oos-Timor is in die 16de eeu deur Portugal gekoloniseer en dit het tot sy dekolonisasie bekend gestaan as Portugees-Timor. Op 28 November 1975 het Oos-Timor sy onafhanklikheid verklaar, maar dit is kort daarna deur Indonesië beset en verklaar tot dié land se 27ste provinsie. Op 20 Mei 2002 het Oos-Timor die eerste land geword, wat in die loop van die 21ste eeu onafhanklik geword het. Dit is net een van twee lande in Suidoos-Asië wat deur die Christendom gekenmerk is, die ander is Filippyne. Daarbenewens is Oos-Timor die enigste onafhanklike land in Asië, waar Portugees 'n amptelike taal is, en saam met Macau een van twee Portugeestalige gebiede in Asië.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)