Ospreys

Ospreys
Unie Walliese Rugbyunie
Embleem Visvalkmasker
Stigting 2003
Stadion Liberty-stadion, Swansea
Kapasiteit 20 750
Afrigter(s) Vlag van Wallis Steve Tandy
Kaptein(s) Alun Wyn Jones
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 10de
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 223 Duncan Jones
Meeste punte 2 002 Dan Biggar
Meeste drieë 57 Shane Williams
Amptelike webwerf
www.ospreysrugby.com
Die Liberty-stadion in Swansea.

Die Ospreys ((cym) Y Gweilch), voorheen die Neath-Swansea Ospreys, is een van die vier professionele rugbyspanne van Wallis. Hulle ding mee in die Guiness Pro14 en die Europese Rugbykampioenebeker. Die span is gevorm nadat Neath RVK en Swansea RVK saamgesmelt het, as deel van die nuwe plaaslike struktuur van Walliese rugby sedert 2003. Hulle word ook verbind met ’n aantal plaaslike semi-professionele en amateurklubs, insluitend Aberavon RVK, Bridgend Ravens, en die oorspronklike stigtersklubs Neath en Swansea, wat in die Walliese Premierliga speel. Die streek wat deur die span verteenwoordig word, staan wyd bekend as ‘Ospreylia’, vir rugbydoeleindes.[1]

Hul belangrikste tuisveld is die Liberty-stadion in Swansea maar wedstryde ook op die Breweryveld, Bridgend, gespeel. Ospreys speel in ’n swart trui tuis en ’n wit-en-oranje trui weg. Die Ospreylogo bestaan ​​uit ’n beeld van ’n visvalkmasker.

Die Ospreys is die suksesvolste Walliese span in die Keltiese Ligabeker of Pro12-toernooi, wat die kompetisie vier keer gewen het. Hulle is ook die eerste en enigste Walliese streekspan wat ’n groot toerspan kon klop toe hulle Australië in 2006 met 24-16 gewen het.[2]

  1. (en) "Rugby plaas Ospreylia op die kaart - Rugby Columnists - Rugby". WalesOnline. 26 Oktober 2006.
  2. (en) "Ospreys 24-16 Australië". BBC News. 1 November 2006.

Ospreys

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne