Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ouditeur

Ouditeur (1762).

'n Ouditeur is 'n persoon wat 'n organisasie se bates en state kontroleer. Dit is 'n beroep vir persone wat 'n tersiêre kursus voltooi het. Hulle is in die beheer van 'n besigheid se sake en kontroleer dat alles soos beplan is beloop. Hulle pas 'n klomp verskillende metodes en stappe toe wat hulle help om dit te bepaal. Ouditeurs bepaal ook of die besigheid 'n wins of verlies toon, hulle kyk ook of die besigheid 'n goeie belegging gaan wees vir voornemende aandeelhouers (finansiële posisie).

Nog 'n belangrike aspek wat hulle moet kontroleer is dat die besigheid die regering belasting betaal.

Dis ook baie belangrik dat ouditeure eerlike en opregte mense moet wees. Hulle moet etiek bo enige iets anders stel. Hulle moet objektief kan kyk na enige onderneming en foute dadelik rapporteer. Hulle is altyd op die uitkyk om die besigheid as 'n geheel te verbeter deur foute op te spoor en verbeterings aan te beveel.


Previous Page Next Page






مراقب حسابات Arabic Auditor AZ Revisor Danish Wirtschaftsprüfer German Statutory auditor English Revizoro EO Tilintarkastaja Finnish Commissaire aux comptes French Աուդիտոր HY Revisore legale Italian

Responsive image

Responsive image