Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ozarkplato

'n Uitsig op die Ozarks uit Arkansas.

Die Ozarkplato, Ozarkberge of Ozarkhoogland, kortweg bekend as die Ozarks, is 'n streek in die deelstate Missouri, Arkansas en Oklahoma in die VSA, sowel as 'n klein deel van Kansas.[1] Die Ozarks dek 'n aansienlike deel van Noord-Arkansas en die grootste deel van die suidelike helfte van Missouri.

Die Sint Francoisberge, soos gesien uit Missouri.

Daar is twee bergreekse in die Ozarks: die Bostonberge van Arkansas en Oklahoma, en die Sint Francoisberge van Missouri. Die Wahzhazhepiek is op 781 m die hoogste punt in die Ozarks; dit is in die Bostonberge geleë. Geologies is die gebied 'n breë koepel, met die ontblote kern in die antieke Sint Francoisberge. Die Ozarks dek amper 120 000 km2, en dit is dus die grootste hooglandstreek tussen die Appalache en die Rotsgebergte.

Die Salemplato, wat genoem is na Salem, Missouri, is die grootste geologiese gebied van die Ozarks. Die tweede grootste is die Springfieldplato, genoem na Springfield, Missouri, wat die bynaam Queen City of the Ozarks het. Aan die noordelike grens van die Ozarks is die stede St. Louis en Columbia, Missouri. Belangrike stede van die streek in Arkansas sluit in Fayetteville, Bentonville, Springdale, Eureka Springs en Fort Smith. Branson, net noord van die grens tussen Arkansas en Missouri, is 'n toeristebestemming waar die Ozarkkultuur gewild is.

  1. "Ozark Plateau | GeoKansas". geokansas.ku.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2018. Besoek op 25 Augustus 2024.

Previous Page Next Page






الأوزارك Arabic الاوزارك ARZ Озарк Bulgarian ओजार्क BH Ozark Plateau Czech Yr Ozarks CY Ozark-Plateau German Ozarks English Ozark-Altebenaĵo EO Meseta de Ozark Spanish

Responsive image

Responsive image