Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


PVC

PVC word algemeen vir afvoerpype aangewend, omdat dit goedkoop, bestand teen chemikalieë en maklik is om aan mekaar te heg.
Visuele voorstelling van 'n ketting polivinielchloriede.
Repeterende ketting van polivinielchloriede.

PVC is die afkorting vir polivinielchloried wat 'n tipe polimeer is. Dit is sag en buigsaam wanneer dit verhit word, en hard nadat dit afgekoel het.

Die monomeer vir PVC is chlooreteen, wat bekender is onder die ouer naam vinielchloried H2CCHCl. Wanneer dit onder die regte omstandighede by mekaar gevoeg word, vorm dit die polimeer PVC, deurdat die dubbel bindings tussen die koolstof atome breek en enkel bindings vorm met die naburige eteen koolstof atome.


Previous Page Next Page