Parker-sonverkenningstuig | |
---|---|
’n Model van die tuig.
| |
Operateur | Nasa/APL |
Hemelliggaam | Son |
Soort sending | Heliofisika |
Gelanseer | 12 Augustus 2018 |
Duur van sending | 7 jaar (beplan); verstreke: 6 jaar, 5 maande en 13 dae |
Doel | Verkenning |
Status | Aktief |
Webtuiste | parkersolarprobe |
Verwysingstelsel | Heliosentriese wentelbaan |
Baanhelling | 3,4° |
Wentelperiode | 88 dae |
Halwe lengteas | 0,388 AE (58 miljoen km) |
Afelium | 0,73 AE (109 miljoen km) |
Perihelium | 0,046 AE (6,9 miljoen km) |
Die Parker-sonverkenningstuig (Engels: Parker Solar Probe) is ’n verkenningstuig van Nasa wat in 2018 gelanseer is met die doel om waarnemings van die Son se buitenste korona te doen.[1][2][3] Dit sal binne 9,86 sonradiusse (6,9 miljoen km)[4][5] van die middel van die Son af kom, en teen 2025 sal dit met sy naaste afstand tot 690 000 km/h beweeg – dit is 0,064% van die ligsnelheid.[4][6]
Die projek is in die boekjaar 2009 aangekondig. Die Johns Hopkins-universiteit se Applied Physics Laboratory (APL) het die tuig ontwerp en gebou,[7] en dit is op 12 Augustus 2018 gelanseer.[8] Dit is die eerste Nasa-ruimtetuig wat na ’n lewende persoon genoem is: die fisikus Eugene Newman Parker, wat in die 90 is. Hy is professor emeritus aan die Universiteit van Chicago.[9]
’n Geheuekaart met die name van meer as 1,1 miljoen mense is op 'n gedenkplaat aangebring wat onder die tuig se antenne aangebring is.[10] Die kaart bevat ook ’n foto van Parker en ’n afskrif van sy wetenskaplike geskrif van 1958 waarin hy belangrikse aspekte van sonfisika voorspel.[11]
Op 29 Oktober 2018 het die ruimtetuig die naaste kunsmatige voorwerp aan die Son geword. Die vorige rekord van 42,73 miljoen km van die Son se oppervlak af is in April 1976 deur Helios 2 opgestel.[12] Met sy perihelium op 21 November 2021 sal die Parker-verkenningstuig se naaste afstand aan die Son 8,5 miljoen km wees.[13] Dit sal verbeter word ná elk van die twee oorblywende verbyvlugte van Venus.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)