Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Baden-Württemberg |
Koördinate | 48°53′N 8°42′O / 48.883°N 8.700°O |
Stigting (eerste verwysing) | 1067 |
Stadstatus | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 98 vk km |
Hoogte bo seevlak | 261 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2017) | 124 289[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1268/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Peter Boch (CDU)[2] |
Amptelike Webwerf | pforzheim.de |
Pforzheim is 'n stad in Baden-Württemberg in die suide van Duitsland, met 'n bevolking van 124 289 op 31 Desember 2017 en 'n oppervlakte van 98 km². Die stad is 25 kilometer suidoos van Karlsruhe en 37 kilometer noordwes van Stuttgart geleë. Pforzheim is oorspronklik deur die Romeine gestig en die naam is afgelei van die Latynse woord Portus vir "hawe".
Die stad is veral bekend vir die juwele- en klok-bedryf en word dus goud-, juwele- en klok-stad genoem. Pforzheim is in die noordelike Swartwoud en aan die verste punt van die Bertha Benz-gedenkroete geleë.