Platbrood[1] is die benaming vir 'n wye verskeidenheid ongesuurde brode. Die basiese bestanddeel van die deeg is gemaalde graan en water. Indien nodig, kan sout of ander speserye bygevoeg word. Omdat geen suurdeeg en gis gebruik word nie het platbrood 'n beperkte dikte van enkele millimeter tot 'n paar sentimeter.