Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Protea

Protea
Protea lepidocarpodendron x neriifolia
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Tribus: Proteeae
Genus: Protea
L.
Spesies

Sien artikel

Protea verwys na 'n blommegeslag in die familie Proteaceae, bestaande uit 'n groot groep struike en bome wat hoofsaaklik in die Kaapse skiereiland en die Suidwes-Kaap voorkom, hoewel 'n paar soorte ook in die ou Transvaal en Vrystaat aangetref word.

Die proteafamilie bestaan wêreldwyd uit 61 genera en ongeveer 1 500 spesies, en die oorgrote meerderheid daarvan word in Australië en Suid-Afrika aangetref. Die veertien Suid-Afrikaanse genera bestaan uit ongeveer 400 spesies en tien van die veertien genera kom slegs in Suid- en Suidwes-Kaap, veral laasgenoemde (die winterreënvalstreek), voor.

Proteas is bekend vir hul prag en rykheid en blom meestal in Wes-Kaapland aan die begin van die winter. Die protea word algemeen erken as Suid-Afrika se nasionale blom en is ook die amptelike embleem van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan. Lede van die proteafamilie groei meestal in arm, suur, sanderige grond teen berghange en is aangepas by periodieke veldbrande.

Wanneer te gereeld gebrand word, word hulle egter uitgeroei omdat hulle nie kans kry om saad te skiet nie. Die genera Protea en Faurea is die enigstes van die familie wat tot in Midde-Afrika voorkom en laasgenoemde het ook verteenwoordigers in Madagaskar. Slegs vyf spesies van die genus Faurea kom in Suid-Afrika voor.

Ongeveer 100 van die 130 Protea-spesies en 38 van die 40 speldekussings (genus Leucospermum) kom in Suid-Afrika voor. Die tipiese habitat van lede van die proteafamilie is die arm, suur, sanderige grond teen berghange van sandsteen, kwartsiet of grafiet.

Die wat nie in die Suid- of Suidwes-Kaap voorkom nie, groei meestal op hoogliggende dele met 'n hoë reënval, waar hulle ook dikwels mis kry. Die 13 genera van die proteafamilie wat in Suid-Afrika voorkom, is Protea (proteas of suikerbosse), Leucospermum (speldekussings), Leucadendron (tolbosse), Serruria (spinnekopbosse), Mimetes (stompies), Brabejum (wilde-amandel), Orothamnus (vleiroos), Faurea (boekenhout), Aulax (kanariebosse), Paranomus (septers), Spatalla, Diastella, Vexatorella en Sorocephalus.

Die struktuur wat algemeen as die blom van 'n lid van die proteafamilie beskou word, is in werklikheid nie ʼn blom nie maar 'n versameling blomme wat by die proteas en ʼn paar ander genera deur groot, gekleurde skutblare omring is om ʼn hofie of blomkop te vorm. Die individuele langwerpige blomme het geen afsonderlike kelk en kroon nie, maar 'n blomdek of periant wat uit 4 dele bestaan.

Vier meeldrade is in lepelvormige holtes in die periantdele geleë. Wanneer die blom toe is, is die harige periant om die stamper gevou, en wanneer die blom oopgaan, buig die styl om die stempel uit die periant te trek en die slap periantdele sak dan af. Veral by die speldekussings (genus Leucospermum) is die style en stempels baie prominent.


Previous Page Next Page






بروطيا Arabic بروطيا ARZ Proteya AZ Protea Catalan Protea CEB Protea Czech Zuckerbüsche German Πρωτέα (φυτό) Greek Protea English Proteo (planto) EO

Responsive image

Responsive image