Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Bretagne |
Département | Finistère |
Koördinate | 48°00′N 5°47′W / 48.000°N 5.783°W |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 84,45 vk km |
Hoogte bo seevlak | -5-151 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 63 387 |
- Bevolkingsdigtheid | 751/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 123 999 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Bernard Poignant |
Amptelike webwerf | quimper.bzh |
Quimper (Bretons: Kemper) is die hoofstad (préfecture) van die Bretonse département Finistère (Noordwes-Frankryk) met 63 387 inwoners (2009).
Die Bretonse naam Kemper (samevloeiing) is afgelei van die geografiese ligging van die stad by die samevloeiing van die riviere Frout, Steir en Odet. Die oorspronklike naam van Quimper is Quimper-Corentin (Bretons: Kemper-Kaorentin), 'n verwysing na die heilige Corentin, die eerste biskop van die stad. Tydens die Franse Rewolusie is hierdie Christelike naam gewysig na Montage-sur-Odet.