Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Rooibekkwelea

Rooibekkwelea
'n Mannetjie-rooibekkwelea vertoon sy broeiveredrag in Mala-Mala, Suid-Afrika.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Rooibekkweleas in 'n boom.

Die Rooibekkwelea, een van die wêreld se mees talryke voëlspesies met 'n geskatte volwasse broeipopulasie van 1,5 miljard,[1] is 'n nomadiese voël wat in groot swerms in Afrika suid van die Sahara en Suider-Afrika voorkom. Dié voël word ook soms die "treksprinkaan" van die voëlwêreld genoem, vanweë hul geneigdheid om in kwetterende swerms van miljoene voëls te beweeg. Hierdie swerms kan langer as vyf ure aanhou terwyl hulle in gesinkroniseerde golfbewegings verbyvlieg.

'n Swerm rooibekkwelea wat op 'n kleingraanoes neerdaal, kan tot vier ton graan per dag verorber. Die vretende voëls mors ook baie van die graan wanneer dit halfgevreet op die grond val.

'n Swerm rooibekkwelea kan uit duisende voëls bestaan.
  1. Weaver Bird Natural History

Previous Page Next Page