Rooikat | |
---|---|
'n Rooikat (Caracal caracal) lê in 'n hangmat in die Dieretuin van San Diego. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Gray, 1843
|
Spesie: | Caracal caracal
|
Binomiale naam | |
Caracal caracal (Schreber, 1776)
| |
Tipespesie | |
Caracal melanotis | |
Verspreiding van rooikatte | |
Sinonieme | |
(Linnaeus, 1758) |
Die rooikat (Caracal caracal) is 'n soogdier en 'n karnivoor en lid van die katfamilie (Felidae - Felinae). Daar is 36 wildekatspesies in die wêreld. Daar is drie hoofgroepe in die katfamilie: die groot katte (Panthera), die jagluiperd (Acinonyx) en die klein katte (Felis). Die rooikat is lid van die felis-groep.
Verwarring bestaan oor die naam van die rooikat weens verwarring met ander katte soos die los (Engels: lynx) en die Bobcat omdat die rooikat ook al bekend gestaan het as die Lynx caracal. Die rooikat deel 'n paar unieke eienskap met die los. Hulle het albei 30 tande waar die meeste katte 28 tande het. Die rooikat is nader verwant aan die Felis Serval (tierboskat) as aan die Felis Lynx of die Felis Rufus (die Engelse "Bobcat", ook bekend as die rooilos).