Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Rum

Rum uitgestal in ’n drankwinkel.

Rum is ’n alkoholiese drank wat van suikerrietprodukte soos molasse of heunings, of direk van die suikerrietsap, gemaak word deur middel van fermentasie en distillasie. Die eindproduk, ’n helder vloeistof, word dan gewoonlik in eikehoutvate verouder.

Die grootste deel van die wêreld se rum word in Karibiese en Latyns-Amerika gemaak, maar ook in Oostenryk, Spanje, Australië, Nieu-Seeland, Fidji, die Filippyne, Réunion, Mauritius, Suid-Afrika, Taiwan, Thailand, Japan, die VSA, Kanada, Indië en Nepal.

Rums word in verskillende grade vervaardig. Ligte rums word gewoonlik in skemerkelkies gebruik en "goue" of "donker" rums word tradisioneel skoon of op ys gedrink.

Rum speel ’n rol in die kultuur van die meeste Wes-Indiese Eilande, sowel as van Kanada en Newfoundland. Dit word dikwels verbind met die Britse Vloot, waar dit met water of bier gemeng is om grog te maak, en seerowers, wat dit as bumbo gedrink het. Rum was ook vroeër ’n gewilde ekonomiese betaalmiddel wat gehelp het om bedrywe soos slawerny en militêre invalle te finansier.


Previous Page Next Page






روم (شراب) Arabic روم (مشروب) ARZ Ron AST Rom (içki) AZ Rum BAN Ром BE Ром BE-X-OLD Ром Bulgarian রাম (পানীয়) Bengali/Bangla Rom BR

Responsive image

Responsive image