Société Nationale des Chemins de fer Français | |
Tipe | Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1 Januarie 1938 |
Hoofkantoor | Parys, Frankryk |
Sleutelpersone | Guillaume Pépy (president) |
Gebied bedien | Frankryk en Monaco |
Industrie | Vervoer |
Produkte | Spoorvervoer, vragvervoer, instandhouding van infrastruktuur |
Inkomste | €7,3 miljard[1] (2012) |
Bedryfsinkomste | €33,8 miljard[1] (2012) |
Netto inkomste | €383 miljoen[1] (2012) |
Werknemers | 250 000[1] (2012) |
Moedermaatskappy | Franse Republiek (100%) |
Dogter- maatskappye | SNCF Participations, SNCF Keolis 70 % |
Webwerf | sncf.com |
Ekonomie van Frankryk | |
|
Die afkorting SNCF verwys na Frankryk se nasionale spoorwegmaatskappy (Société Nationale des Chemins de fer français), wat die grootste deel van die Franse spoorwegnet en onder meer ook die sneltrein TGV, wat in 1981 ingevoer is, beheer. 'n Dogtermaatskappy van SNCF, CFC, beheer die spoorwegnet van die eiland Korsika.
Die Franse spoorwegnet het tans 'n lengte van 32 000 kilometer, waarvan 14 500 kilometer geëlektrifiseer en 1 500 kilometer geskik is vir hoësnelheidstreine. Die SNCF het 180 000 werknemers in diens wat daagliks sowat 14 000 treine hanteer.
Die maatskappy SNCF is op 1 September 1937 gestig, en vanaf 1 Januarie 1938 vorm die voormalige ses spoorwegmaatskappye nog slegs die régions (spoorlynstreke) Nord, Est, Sud-Est, Sud-Ouest, Ouest en Mediterranée. Met die uitsondering van die laasgenoemde het alle spoorlyne Parys as hulle vertrekpunt.
Op 1 Januarie 1983 verval die ou ooreenkomste van die jaar 1937, en SNCF word vir goed die nasionale spoorwegmaatskappy van Frankryk. Die spoorlyngeriewe word sedert 1997 deur 'n aparte maatskappy, die Réseau Ferré de France (RFF), beheer. Toekomstig sal die spoorwegnet ook deur ander maatskappye benut kan word.