Sabaton | |
---|---|
Sabaton by Hellfest in Frankryk in 2017. | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Falun, Swede |
Genres |
|
Jare aktief | 1999–hede |
Etikette |
|
Webwerf | www |
Lede |
|
Gewese lede |
|
Sabaton is 'n Sweedse powermetal-groep wat in 1999 in Falun gestig is. Die groep se liedjies handel oor verskillende historiese konflikte en oorloë, insluitend die Eerste en Tweede Wêreldoorlog.[1] Sabaton het al tien ateljeealbums gemaak, waarvan die nuutste, The War to End All Wars, op 4 Maart 2022 vrygestel is.[2]
Die groep se samestelling het sedert die begin baie verander, en die enigste oorblywende oorspronklike lede is die sanger en klawerbordspeler Joakim Brodén en die baskitaarspeler Pär Sundström. Die ander huidige lede is die kitaarspelers Chris Rörland en Thobbe Englund en die tromspeler Hannes van Dahl.