Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région | Pays de la Loire |
Département | Loire-Atlantique |
Koördinate | 47°16′N 2°12′W / 47.267°N 2.200°W |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 46,79 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0–47 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 72 295 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 500/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | David Samzun (PS) |
Amptelike Webwerf | mairie-saintnazaire.fr |
Saint-Nazaire is 'n hawedorp aan die Franse kus by die monding van die Loirerivier, ongeveer 45 km wes van Nantes in die département Loire-Atlantique. Die dorp het ontwikkel uit Carbilo, 'n ou Galies-Romeinse hawe. Gedurende die veertiende en vyftiende eeue was die nedersetting deur die hertoë van Brittanië beheer. Gedurende die Franse rewolusie het dit eers onder Franse beheer gekom en sy huidige naam gekry. Gedurende die negentiende eeu het die hawe sy grootste ontwikkeling ondergaan.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die Amerikaanse Magte groot gedeeltes van die hawe herbou om voorrade vir hulle magte aan land te kry.
In die Tweede Wêreldoorlog, op 28 Maart 1942, het die Britse Kommando Magte die hawe binnegeval om Duitse duikboot vasmeerplekke en droogdokke te vernietig, met groot lewensverlies.
Die RMS Queen Mary 2 is hier gebou.