Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Provence-Alpes-Côte d'Azur |
Département | Var |
Koördinate | 43°16′N 6°38′O / 43.267°N 6.633°O |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 11,18 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0-115 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 4 903 |
- Bevolkingsdigtheid | 439/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 8 159 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Jean-Pierre Tuveri |
Amptelike webwerf | saint-tropez.fr |
Saint-Tropez is 'n klein hawestad in die département Var (Frankryk) met sowat 5 000 inwoners. Die dorp lê aan die Côte d'Azur (Blou Kus) en aan die voet van die Massif des Maures (Maures-gebergte). Saint-Tropez is sedert die vyftigerjare 'n gewilde vakansieoord met jaarliks sowat vyf miljoen toeriste en 'n bekende kunstenaarskolonie.
Bo-oor die stad lê die sitadel uit die jaar 1592 (Frans: "La Citadelle"), wat as uitkykplek dien en 'n museum vir seevaart en die plaaslike geskiedenis huisves.