Salami is gekuurde, gegisde en luggedroogde worsvleis, afkomstig van een of 'n verskeidenheid van vleissoorte. Salami is al eeue lank gewild onder Suid-Europese boere, omrede dit gestoor kan word by kamertemperatuur vir tydperke van tot 30-40 dae, selfs nadat daarvan afgesny is. Dit was aanvullend tot 'n moontlik karige voorsiening van vars vleis.
In Europa word tradisioneel vele variëteite van salami gemaak.