Santali ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Bangladesj Nepal Bhoetan | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 7,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Moenda Noord-Moenda Santali | |
Skrifstelsel: | Ol Chiki-alfabet Devanagari Oostelike Nagari-skrif Latynse alfabet Odia-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | sat
| |
ISO 639-3: | sat
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Santali (ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 7,6 miljoen mense in Oos-Indië, Bangladesj, Nepal en Bhoetan gepraat word. Santali is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Santali word, afhangende van die gebied, met die Ol Chiki-alfabet, Devanagari, die Oostelike Nagari-skrif, die Latynse alfabet of die Odia-alfabet geskryf.
Santali is ná Viëtnamees en Khmer die derde mees gesproke Austro-Asiatiese taal en by verre die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Ho en Moendari, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Santali in die Indiese deelstate Orissa en Wes-Bengale gepraat.